Euro
Rang | Geldeenheid | Simbool ISO 4217 |
% daaglikse aandeel (Des. 2015) |
---|---|---|---|
1 | Amerikaanse dollar | USD ($) | 87,0% |
2 | Euro | EUR (€) | 33,4% |
3 | Japannese jen | JPY (¥) | 23,0% |
4 | Pond sterling | GBP (£) | 11,8% |
5 | Switserse frank | CHF (CHF) | 8,6% |
6 | Kanadese dollar | CAD ($) | 5,2% |
7 | Australiese dollar | AUD ($) | 4,6% |
8 | Meksikaanse peso | MXN ($) | 2,5% |
9 | Chinese juan | CNY (¥) | 2,2% |
10 | Nieu-Seelandse dollar | NZD ($) | 2,0% |
11 | Sweedse kroon | SEK (kr) | 1,8% |
12 | Russiese roebel | RUB (₽) | 1,6% |
13 | Hongkong-dollar | HKD ($) | 1,4% |
14 | Noorse kroon | NOK (kr) | 1,4% |
15 | Singapoer-dollar | SGD ($) | 1,4% |
16 | Turkse lira | TRY (₺) | 1,3% |
17 | Suid-Koreaanse won | KRW (₩) | 1,2% |
18 | Suid-Afrikaanse rand | ZAR (R) | 1,1% |
19 | Brasiliaanse real | BRL ($) | 1,1% |
20 | Indiese roepee | INR (₹) | 1,0% |
Ander | 6,3% | ||
Totaal[n 1] | 200% |
Die euro (Cyrilliese alfabet: Евро, Griekse alfabet: Ευρώ, Lets: Eiro, Litaus: Euras, Maltees: Ewro, Sloweens: Evro; simbool: €, ISO-geldeenheidkode: EUR) is die geldeenheid van die Europese Ekonomiese en Monetêre Unie (EMU) – die sogenaamde Eurosone – en ná die Amerikaanse dollar die tweede belangrikste geldeenheid wêreldwyd.[3]
Die euro word deur die Europese Sentrale Bank in Frankfurt am Main beheer en is die wettige betaalmiddel in 20 van die 27 lande van die Europese Unie (EU). Die euro is daarbenewens die wettige geldeenheid van ses lande (Andorra, Kosovo, Monaco, Montenegro, San Marino en die Vatikaanstad) wat nie lidlande van die Europese Unie is nie.[4] Andorra, Monaco, San Marino en die Vatikaanstad slaan hul eie euromunte wat (teoreties) dwarsdeur die euro-area langs die munte van ander lande sirkuleer.[5] 'n Verdere vyf lande en twee monetêre gebiede het hulle munteenheid met 'n vaste wisselkoers aan die euro gekoppel. In Zimbabwe is die euro een van verskeie buitelandse geldeenhede wat onder meer vir internasionale transaksies in gebruik is.[6]
Alle bestaande lidlande van die Europese Unie (EU), wat aan sekere monetêre voorwaardes voldoen, mag by die eurostelsel aansluit. Nuwe lidlande van die EU is verplig om die euro in te voer, sodra hulle aan die voorwaardes voldoen. In Slowenië het die euro op 1 Januarie 2007 die Sloweense tolar vervang,[7] op 1 Januarie 2008 is die euro ingevoer in Malta[8] en Siprus,[9] op 1 Januarie 2009 in Slowakye,[10] op 1 Januarie 2011 in Estland,[11] op 1 Januarie 2014 in Letland,[12] op 1 Januarie 2015 in Litaue[13] en op 1 Januarie 2023 in Kroasië.[14]
Die euro is in die jaar 1999 as bankgeld en op 1 Januarie 2002 as "stoflike" betaalmiddel ingevoer. 'n Euro word verdeel in 100 sente (voorgestel deur die letter c). Daar is net een stel banknote ter waarde van 5, 10, 20, 50, 100, 200 en 500 euro beskikbaar, terwyl die muntstukke (1c, 2c, 5c, 10c, 20c, 50c, 1 € en 2 €) naas 'n identiese voorkant 'n nasionale agterkant het.[15] Vanaf 2013 is 'n tweede reeks banknote ingevoer, die sogenaamde "Europa"-reeks, maar gelyktydig is die geleidelike uitfasering van die 500 €-banknoot aangekondig.[16]
Politieke oorwegings
[wysig | wysig bron]Behalwe vir die ekonomiese motiverings vir die instelling van die euro, was die skepping daarvan ook deels geregverdig as 'n manier om 'n nader gevoel van gesamentlike identiteit tussen Europese burgers te bevorder. Verklarings oor hierdie doelwit is byvoorbeeld gemaak deur Wim Duisenberg, Europese Goewerneur van die Sentrale Bank, in 1998,[17] Laurent Fabius, Franse Minister van Finansies, in 2000,[18] en Romano Prodi, President van die Europese Kommissie, in 2002.[19] Maar, 15 jaar na die instelling van die euro, het 'n studie geen bewyse gevind dat dit 'n positiewe invloed op 'n gedeelde gevoel van Europese identiteit gehad het nie (en geen bewys dat dit ook 'n negatiewe uitwerking gehad het nie).[20]
Wisselkoerse
[wysig | wysig bron]Die amptelike wisselkoers van die euro ten opsigte van die ou nasionale munteenhede is soos volg vasgestel:
Geldeenheid | Kode (ISO 4217) |
Wisselkoers[21] | Gevestig op | Opgelewer |
---|---|---|---|---|
Belgiese frank | BEF
|
40,3399 | 31 Desember 1998 | 1 Januarie 1999 |
Duitse mark | DEM
|
1,95583 | 31 Desember 1998 | 1 Januarie 1999 |
Estniese kroon | EEK
|
15,6466 | 13 Julie 2010 | 1 Januarie 2011 |
Finse markka | FIM
|
5,94573 | 31 Desember 1998 | 1 Januarie 1999 |
Franse frank | FRF
|
6,55957 | 31 Desember 1998 | 1 Januarie 1999 |
Griekse dragme | GRD
|
340,75 | 19 Junie 2000 | 1 Januarie 2001 |
Ierse pond | IEP
|
0,787564 | 31 Desember 1998 | 1 Januarie 1999 |
Italiaanse lira | ITL
|
1,936,27 | 31 Desember 1998 | 1 Januarie 1999 |
Kroatiese kuna | HRK
|
7,5345 | 10 Julie 2010 | 1 Januarie 2023 |
Letse lats | LVL
|
0,702804 | 9 Julie 2013 | 1 Januarie 2014 |
Litause litas | LTL
|
3,4528 | 23 Julie 2014 | 1 Januarie 2015 |
Luxemburgse frank | LUF
|
40,3399 | 31 Desember 1998 | 1 Januarie 1999 |
Maltese lira | MTL
|
0,4293 | 10 Julie 2007 | 1 Januarie 2008 |
Monegaskiese frank | MCF
|
6,55957 | 31 Desember 1998 | 1 Januarie 1999 |
Nederlandse gulden | NLG
|
2,20371 | 31 Desember 1998 | 1 Januarie 1999 |
Oostenrykse schilling | ATS
|
13,7603 | 31 Desember 1998 | 1 Januarie 1999 |
Portugese escudo | PTE
|
200,482 | 31 Desember 1998 | 1 Januarie 1999 |
San Marinese lira | SML
|
1,936,27 | 31 Desember 1998 | 1 Januarie 1999 |
Sipriese pond | CYP
|
0,585274 | 10 Julie 2007 | 1 Januarie 2008 |
Slowaakse koruna | SKK
|
30,126 | 8 Julie 2008 | 1 Januarie 2009 |
Sloweense tolar | SIT
|
239,64 | 11 Julie 2006 | 1 Januarie 2007 |
Spaanse peseta | ESP
|
166,386 | 31 Desember 1998 | 1 Januarie 1999 |
Vatikaanse lira | VAL
|
1,936,27 | 31 Desember 1998 | 1 Januarie 1999 |
Banknote
[wysig | wysig bron]Beeld | Waarde | Afmetings (millimeter) |
Hoofkleur | Ontwerp | Drukkerkodeposisie | ||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Voorkant | Agterkant | Argitektuur | Eeu | ||||||
€5 | 120 × 62 | Grys | Klassiek | < 5de | Linker beeldrand[22] | ||||
€10 | 127 × 67 | Rooi | Romaans | 11–12de | 8:00-uur ster[23] | ||||
€20 | 133 × 72 | Blou | Goties | 12–14de | 9:00-uur ster[24] | ||||
€50 | 140 × 77 | Oranje | Renaissance | 15–16de | Regter beeldrand[25] | ||||
€100 | 147 × 82 | Groen | Barok & Rokoko | 17–18de | Regs van 9:00-uur ster[26] | ||||
€200 | 153 × 82 | Geelbruin | Tydperk van yster en glas | 19–20ste | Bo 7:00-uur ster[27] | ||||
€500 | 160 × 82 | Pers | Moderne 20ste eeu | 20–21ste | 9:00-uur ster[28] | ||||
Hierdie beelde is volgens skaal op 0,7 pixels per millimeter. |
Beeld | Waarde | Jaar | Afmetings (millimeter) |
Hoofkleur | Ontwerp | Drukkerkodeposisie | ||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Voorkant | Agterkant | Argitektuur | Eeu | |||||||
€5 | 2013 | 120 × 62 | Grys[30] | Klassiek[30] | < 5de[30] | Regs bo | ||||
€10 | 2014 | 127 × 67 | Rooi[30] | Romaans[30] | 11–12de[30] | Regs bo | ||||
€20 | 2015 | 133 × 72 | Blou[30] | Goties[30] | 12–14de[30] | Regs bo | ||||
€50 | 2017 | 140 × 77 | Oranje[30] | Renaissance[30] | 15–16de[30] | Regs bo | ||||
€100 | 2019 | 147 × 82 | Groen[30] | Barok & Rokoko[30] | 17–18de[30] | Regs bo | ||||
€200 | 2019 | 153 × 82 | Geelbruin[30] | Tydperk van yster en glas[30] | 19–20ste[30] | Regs bo | ||||
Hierdie beelde is volgens skaal op 0,7 pixels per millimeter. |
Spesiale muntstukke
[wysig | wysig bron]Enige land van die Eurosone mag spesiale muntstukke vrystel, wat in alle lande van die Eurosone geldig is.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Aanvanklike suksesse
[wysig | wysig bron]Die invoering van die euro in 1999 het sonder probleme verloop en Griekeland (2000), Slowenië (2006), Malta (2007) Siprus (2007), en Slowakye (2008) het tot die eurosone toegetree. Sommige ekonome en politici soos die vroeëre Duitse Minister van Buitelandse Sake, Joschka Fischer (Groen Party), wys daarop dat die euro as geldeenheid eerder om politieke as om ekonomiese redes ingevoer is – met die hoofdoelwit van ekonomiese en politieke integrasie van die deelnemende EU-lidstate.[31] Enkele jare lank was die euro 'n stabiele geldeenheid vir ekonomieë met uiteenlopende strukture, sosiale en arbeidswetgewing en belastingtariewe. Dat nasionale reserwebanke die moontlikheid ontneem is om hul geldeenheid te re- of devalueer of staatsskuld deur 'n hoër inflasiekoers fakties te verminder, was aanvanklik geen probleem vir lidlande nie. Ander lande soos die Baltiese State het hulle munt aan die euro gekoppel en baie ekonomiese groei ervaar.
Die eurokrisis
[wysig | wysig bron]Eers later, ná die Beursineenstorting van 2008 het duidelik geword watter gevare 'n gemeenskaplike geldeenheid kan inhou sodra nie alle lidlande dieselfde ekonomiese en finansiële beleid volg nie.[32]
Die finansiële krisis in Griekeland, wat sy toetreding tot die Eurosone slegs met gemanipuleerde statistieke kon bewerkstellig aangesien dit nie werklik aan die vereiste kriteria voldoen het nie, het die Eurosone in 2009 in 'n eerste ernstige krisis gedompel. Met sy lidmaatskap was 'n drastiese interne devaluasie – die grootskaalse verlaging van lone, salarisse en pensioene met 'n gepaardgaande besuinigingsprogram – die enigste oplossing en die voorwaarde vir finansiële steun deur ander lidstate deur middel van lenings. Die ander land van die sgn. PIIGS Portugal, Ierland, Italië, Griekeland en Spanje wat ook groot staatskulde gehad het het ook probleme gekry. Spekulasie teen hulle obligasies het hulle rentes doen styg, maar in 2012 het Mario Draghi die Europese Sentrale Bank tot lender of last resort verklaar. Hij begin om meer euros te druk en daarmee die obligasies op te koop. Dit het die krisis besweer.[33] In Griekeland wat nooit die euro losgelaat het nie, het dit langer geduur en die IMF het lenings moet verstrek. Die besuinigings het die land in 'n diep krisis gestort maar die land is in 2023 terug op sy bene.[34]
Die eurokrisis het die euro se geloofwaardigheid baie geskaad. Lande soos Tsjechië het van hulle planne om tot die eurosone toe te tree afgesien, maar nie die drie Baltiese state nie wat teenstelling tot die PIIGS kleine staatskulde het. Estland tree toe tot die eurosone in 2011 wanneer die kritiek op die euro die luidste is[35]en Letland en Litoue volg later (in 2014 en 2015). Hulle het hoegenaamd geen probleme nie en gee minder geld uit om hulle rentes op die staatskuld te betaal.
Ná die krisis
[wysig | wysig bron]In die jare ná die krisis het die ECB 'n baie belangriker rol gaan speel in die ekonomie van Europa en die wêreld. In 2023 word 50% van die invoer en uitvoer in die wêreld in Ameriaanse dollars betaal, met die Euro op die tweede plek met 42%.[36] Om die ekonomiese probleme wat deur die coronavirus veroorsaak is te help oplos het die EU selfs besluit om self skulde te gaan maak. Hulle het besluit 'n herstel en stimuleerfonds van €2.264,3 miljard te skep om die ekonomieë weer op gang te bring.[37] Dit sou sonder die euro se herstelde geloofwaardigheid nie moontlik gewees het nie. Op 1 Januarie 2023 het ook Kroasië besluit om tot die eurosone toe te tree. Bulgarye het planne om hulle op 1 Januarie 2024 te volg,
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Schengen-ooreenkoms, nog 'n Europese instelling ten doeleinde van 'n Europese identiteit
- Vlag van Europa, nog 'n simbool van die Europese Unie
- IBAN, Internasionale bankrekeningnommer wat ontwikkel is om internasionale bankdienste binne die Europese Unie te fasiliteer.
Notas
[wysig | wysig bron]- ↑ Die somtotaal is 200% want elke verhandeling behels 'n geldeenheidpaar.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "World's Most Traded Currencies By Value 2012". investopedia.com. Besoek op 10 Junie 2013.
- ↑ (en) "Report on global foreign exchange market activity in 2013" (PDF). Triennial Central Bank Survey. Basel, Switserland: Bank for International Settlements. April 2013. p. 12. Besoek op 22 Oktober 2013.
- ↑ (en) mpra.ub.uni-muenchen.de: Compositional Analysis Of Foreign Currency Reserves In The 1999–2007 Period. The Euro vs. The Dollar As Leading Reserve Currency
- ↑ (en) ecb.int: Official Dollarisation/ Euroisation: Motives, Features and Policy Implications of current cases
- ↑ (en) "Common sides". Europese Sentrale Bank. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Junie 2020. Besoek op 13 Desember 2018.
- ↑ (en) Monetary Policy Statement Issued in Terms of the Reserve Bank of Zimbabwe Act, Chapter 22:15, Section 46. January 2014, bl. 55 Geargiveer 14 September 2017 op Wayback Machine
- ↑ (de) ecb.int: Slowenien (seit 1. Januar 2007)
- ↑ (de) ecb.int: Malta (seit 1. Januar 2008)
- ↑ (de) ecb.int: Zypern (seit 1. Januar 2008)
- ↑ (de) ecb.int: Slowakei (seit 1. Januar 2009)
- ↑ (de) ecb.int: Estland (seit 1. Januar 2011)
- ↑ (de) ecb.int: Lettland (seit 1. Januar 2014)
- ↑ (de) ecb.int: Litauen (seit 1. Januar 2015)
- ↑ (de) ecb.int: Kroatien (seit 1. Januar 2023)
- ↑ (de) ecb.int: Erste Bargeldumstellung (2002)
- ↑ (en) "ECB ends production and issuance of €500 banknote". Europese Sentrale Bank. 4 Mei 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Junie 2020. Besoek op 3 Oktober 2018.
- ↑ (en) Global Finance After the Crisis. 2013.
The euro is far more than a medium of exchange. It is part of the identity of a people. It reflects what they have in common now and in the future.
- ↑ (en) "Europe in Crisis in Mediterranean Context" (PDF). Financial Times. Heinrich-Böll-Stiftung. 24 Julie 2000.
Thanks to the euro, our pockets will soon hold solid evidence of a European identity
- ↑ (en) Speech to the European Parliament. 16 Januarie 2002.
The euro is becoming a key element in peoples sense of shared European identity and common destiny.
- ↑ (en) Franz Buscha (November 2017). "Can a common currency foster a shared social identity across different nations? The case of the euro". European Economic Review. 100: 318–336. doi:10.1016/j.euroecorev.2017.08.011.
- ↑ (en) "Fixed Euro conversion rates". European Central Bank. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Julie 2013. Besoek op 6 Augustus 2011.
- ↑ (en) "EuroTracer – Information Notes – €5 note". EuroTracer. 2002. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 November 2019. Besoek op 7 Januarie 2012.
- ↑ (en) "EuroTracer – Information Notes – €10 note". EuroTracer. 2002. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Oktober 2019. Besoek op 7 Januarie 2012.
- ↑ (en) "EuroTracer – Information Notes – €20 note". EuroTracer. 2002. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Oktober 2019. Besoek op 9 Januarie 2012.
- ↑ (en) "EuroTracer – Information Notes – €50 note". EuroTracer. 2002. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Oktober 2019. Besoek op 9 Januarie 2012.
- ↑ (en) "EuroTracer – Information Notes – €100 note". EuroTracer. 2002. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Oktober 2019. Besoek op 9 Januarie 2012.
- ↑ (en) "EuroTracer – Information Notes – €200 note". EuroTracer. 2002. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Oktober 2019. Besoek op 9 Januarie 2012.
- ↑ (en) "EuroTracer – Information Notes – €500 note". EuroTracer. 2002. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Oktober 2019. Besoek op 9 Januarie 2012.
- ↑ (en) "ECB: Europa series". Europese Sentrale Bank. 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Augustus 2013. Besoek op 11 Junie 2013.
- ↑ 30,00 30,01 30,02 30,03 30,04 30,05 30,06 30,07 30,08 30,09 30,10 30,11 30,12 30,13 30,14 30,15 30,16 30,17 (en) "Europa series design – ECB – Our Money". www.new-euro-banknotes.eu. 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Junie 2016. Besoek op 6 Augustus 2013.
- ↑ (de) Zeit Online, 10 November 2011: Joschka Fischer: «Vergesst diese EU». Besoek op 12 Junie 2018
- ↑ (de) Bundeszentrale für politische Bildung (bpb): Die Eurokrise – worum geht es eigentlich? Besoek op 12 Junie 2018 Geargiveer 16 Junie 2018 op Wayback Machine
- ↑ (en) "Analysis – A year on, Draghi's 'save the euro' pledge remains untested". Reuters. 27 Julie 2013. Besoek op 8 Julie 2023.
- ↑ (en) "How Greece Got Its Groove Back". Wall Street Journal. 26 Mei 2023. Besoek op 8 Julie 2023.
- ↑ (en) Alistair Scrutton (25 Junie 2012). "Insight: Baltic countries' austerity lesson for Europe – Just do it". Reuters.
- ↑ (en) "EU trade: euro and dollar's dominance increased". Eurostat. 8 Junie 2023. Besoek op 8 Julie 2023.
- ↑ (en) "COVID-19: the EU's response to the economic fallout". European Council. 22 Desember 2022.
Verdere leesstof
[wysig | wysig bron]- (en) Bartram, Söhnke M.; Taylor, Stephen J.; Wang, Yaw-Huei (Mei 2007). "The Euro and European Financial Market Dependence". Journal of Banking and Finance. 51 (5): 1461–1481. SSRN 924333.
- (en) Bartram, Söhnke M.; Karolyi, G. Andrew (Oktober 2006). "The Impact of the Introduction of the Euro on Foreign Exchange Rate Risk Exposures". Journal of Empirical Finance. 13 (4–5): 519–549. doi:10.1016/j.jempfin.2006.01.002. SSRN 299641.
- (en) Baldwin, Richard; Wyplosz, Charles (2004). The Economics of European Integration. New York: McGraw Hill. ISBN 0-07-710394-7.
- (en) Buti, Marco; Deroose, Servaas; Gaspar, Vitor; Nogueira Martins, João (2010). The Euro. Cambridge: Cambridge University Press. ISBN 978-92-79-09842-0.
- (en) Simonazzi, A.; Vianello, F. (2001). "Financial Liberalization, the European Single Currency and the Problem of Unemployment". In Franzini, R.; Pizzuti, R.F. (reds.). Globalization, Institutions and Social Cohesion. Springer. ISBN 3-540-67741-0.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Euro. |
- (en) Amptelike webwerf van die Eurosone Geargiveer 6 Februarie 2016 op Wayback Machine
- (en) Europese Sentrale Bank
- (en) Die euro – Europa
- (en) Europese Sentrale Bank – eurowisselkoerse
- Geldeenhede
- Europese Unie
- Ekonomie van België
- Ekonomie van Duitsland
- Ekonomie van Frankryk
- Ekonomie van Italië
- Ekonomie van Litaue
- Ekonomie van Luxemburg (land)
- Ekonomie van Nederland
- Ekonomie van Oostenryk
- Ekonomie van Spanje
- Andorra
- Estland
- Finland
- Griekeland
- Ierland
- Kroasië
- Letland
- Malta
- Monaco
- Portugal
- San Marino
- Siprus
- Slowakye
- Slowenië
- Vatikaanstad