Elisha Gray
Voorkoms
Elisha Gray | |
---|---|
Gebore | 2 Augustus 1835 |
Sterf | 21 Januarie 1901 (op 65) |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Beroep | Ingenieur en uitvinder |
Bekend vir | ontwikkeling van 'n prototipe telefoon |
Elisha Gray (2 Augustus 1835 in Barnesville, Ohio - 21 Januarie 1901 in Newtonville, Massachusetts) was 'n Amerikaanse elektriese ingenieur en mede-stigter van die vervaardigingsmaatskappy Western Electric. Gray is veral bekend vir die ontwikkeling van 'n prototipe telefoon in 1876 in Highland Park, Illinois. Hy word deur sommige skrywers[1] as die ware uitvinder van die veranderlike weerstand telefoon beskou, ten spyte daarvan dat Alexander Graham Bell uiteindelik die patentregte bekom het.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Shulman, Seth (2008)
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Elisha Gray.
- (en) Elisha Gray se biografie vanaf Oberlin.edu