Arado Ar 234
Arado Ar 234 | |
---|---|
Tipe | Bomwerper en verkenningsvliegtuig |
Vervaardiger | Arado Flugzeugwerke |
Ontwerp deur | Walter Blume |
Nooiensvlug | 15 Junie 1943 |
Bekendstelling | September 1944 |
Status | Uit diens gestel |
Hoofgebruiker | Luftwaffe |
Aantal gebou | 214 |
Die Arado Ar 234 Blitz was die eerste operasionele turbostraal-bomwerper en verkenningsvliegtuig in die Tweede Wêreldoorlog. Hierdie vliegtuig is ontwikkel uit 'n spesifikasie wat die Duite Lugvaartministerie in 1940 beskikbaar gestel het vir 'n vinnige turbostraalenjin aangedrewe verkenningsvliegtuig. Die ontwerp, soos voorgestel deur Arado, het die wêreld se eerste straalaangedrewe bomwerper geword. Die eerste prototipe, Ar 234V-1, het op 15 Junie 1943 sy eerste vlug voltooi. Daarna was daar vinnig sewe ander prototipes ontwikkel. Almal van hulle het 'n opstyg trollie gebruik wat op 'n hoogte van 60 m losgelaat word en dan met 'n valskerm terugval om dan weer gebruik te word. Die vliegtuig het geland met 'n stel ski's. Die rede hiervoor was die vliegtuig se romp te nou was vir 'n konvensionele onderstel. Die trollie oplossing was suksesvol maar die vliegtuig het 'n groot nadeel gehad na landing met betrekking tot beweegbaarheid op die grond. Daarna was die B-series, met 'n wyer romp, toegerus met 'n konvensionele onderstel.
Die derde prototipe, Ar 234V-3 , was toegerus met 'n uitskietstoel en het ook vuurpyle gehad onder die vlerke om te help tydens die opstyging. Die eerste vlugte van die vliegtuig was egter verkenning van aard. Sommige modelle was toegerus as nagvegters as 'n eksperiment. Maar daarna het die oorlog teen Duitsland gedraai en is die vliegtuie as bomwerpers gebruik. Die bomwerper weergawe is in Oktober 1944 in diens gestel en was in die rol gebruik tydens die inval van die Ardenne in Desember 1944. Die vliegtuig was ook gebruik tydens die Ludendorff brug by Remagen wat deur die Amerikaners beset was.
Die Geallieerdes het die vliegtuig goed bestudeer na die oorlog.
Tegniese besonderhede
[wysig | wysig bron]Item | Statistiek |
---|---|
Aantal motors | 2 |
Tipe motor | Turbo-straalenjins |
Vervaardiger | BMW 004B |
Kraglewering per motor | 890 kg stukrag |
Vlerkspan | 14,11 m |
Lengte | 12,64 m |
Hoogte | 4,30 m |
Vlerkoppervlakte | 26,4 m2 |
Normale opstygmassa | 9 850 kg |
Maksimum snelheid | 742 km/h |
Operasionele hoogte | 10,000 m |
Togafstand | 1 630km |
Bewapening | |
Maksimum bomvrag | 2000 kg bomme in bomlaai. |
Bron
[wysig | wysig bron]- Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015. ISBN 978-1-84476-917-9