12 Julie
Voorkoms
<< | Julie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | 31 | |||
Al die dae |
12 Julie is die 193ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (194ste in skrikkeljare). Daar volg nog 172 dae in die res van die jaar.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 526 – Pous Felix IV volg Pous Johannes I op.
- 1215 – Frederik II word in Aken tot keiser gekroon.
- 1276 – Pous Adrianus V volg Pous Innocentius V op.
- 1470 – Die Turke verower Negroponte.
- 1645 – Tsaar Aleksei van Rusland begin sy ampstermyn as heerser van Rusland.
- 1691 – Pous Innocentius XII volg Pous Alexander VIII op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1717 – Pous Clemens XI stel Giulio Alberoni en Imre Csáky, aartsbiskop van Kalocsa en Bács, Hongarye aan as kardinale.
- 1721 – Carlo Rezzonico (later Pous Clemens XIII) word goewerneur van Fano.
- 1730 – Pous Clemens XII volg Pous Benedictus XIII op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1779 – Pous Pius VI stel František de Paula Hrzán z Harasova, ouditeur van die Heilige Roomse Rota en Alessandro Mattei, aartsbiskop van Ferrara, aan as kardinale.
- 1841 – Pous Gregorius XVI stel Tommaso Pasquale Gizzi, titulêr aartsbiskop van Tebe aan as kardinaal.
- 1848 – Andries Pretorius gaan Winburg binne met 'n groot gewapende mag.
- 1930 – Sir Donald Bradman stel 'n nuwe kolfwêreldrekord van 334 lopies op teen Engeland.
- 1947 – In Komatipoort, Mpumalanga, sterf 21 mense (8 volwassenes en 13 kinders) nadat 'n koek met arseen in die versiersuiker by Jacoba Ferreira se tiende verjaardag-partytjie bedien is.
- 1975 – São Tomé en Príncipe word van Portugal onafhanklik.
- 1979 – Kiribati word onafhanklik van die Verenigde Koninkryk.
- 1993 – 'n Aardbewing aan die kus van Hokkaido, Japan, wat 7,8 op die Richterskaal registreer, veroorsaak 'n tsoenami met 202 sterfgevalle op die klein eiland Okushiri.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1854 – George Eastman, Amerikaanse uitvinder († 1932).
- 1868 – Stefan George, Duitse digter († 1933).
- 1887 – Rudolph Lewis, eerste Suid-Afrikaner wat 'n Olimpiese goue medalje in fietsry kon wen († 1933).
- 1908 – Milton Berle, Amerikaanse akteur, komediant († 2002).
- 1914 – Topsy Smith, Afrikaanse jeugboekskrywer († 1985).
- 1968 – Amy Kleinhans, Suid-Afrikaanse skoonheidskoningin, mejuffrou Suid-Afrika in 1992.
- 1978 – Zak van Niekerk, Suid-Afrikaanse sanger († 2012).
- 1986 – JP Pietersen, Springbokrugbyspeler.
- 1997 – Malala Yousafzai, Pakistanse kinderregteaktivis.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 783 – Bertrada, vrou van Pepyn die Korte.
- 1536 – Desiderius Erasmus, Nederlandse priester, teoloog, filosoof, skrywer en humanis.(* 1466, 1467 of 1469).
- 1772 – Marc-Joseph Marion du Fresne, Franse ontdekkingsreisiger (* 1724).
- 1978 – L.W. Hiemstra, Suid-Afrikaanse taalkundige (* 1897).
- 1993 – Hans Zanotelli, Duitse dirigent (* 1927).
- 1998 – Marais Steyn, Suid-Afrikaanse politikus (* 1914).
- 2013 – Amar Bose, Amerikaanse akademikus, ingenieur en entrepreneur (* 1929).
- 2016 – L.A.P.A. Munnik, Suid-Afrikaanse geneesheer en politikus (* 1925).
- 2017 – Ray Phiri, Suid-Afrikaanse sanger (* 1947).
- 2020 – Kelly Preston, Amerikaanse aktrise (* 1962).
- 2021 – Dr Ben Ngubane, Suid-Afrikaanse politikus en voormalige Eskom-voorsitter (* 1941).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met 12 July. |