Virginië
Virginië (Engels: Commonwealth of Virginia) is 'n deelstaat aan die Atlantiese kus van die Verenigde State van Amerika. Dit is genoem na Elizabeth I van Engeland (Virgin Queen). Die hoofstad is Richmond en die grootste stad is Virginia Beach. Dit het 'n bevolking van sowat 8 miljoen en 'n oppervlakte van 110 785 vierkante kilometer. Virginië word in die noorde deur Maryland en Wes-Virginië, in die suide deur Noord-Carolina en Tennessee, en in die weste deur Wes-Virginië en Kentucky begrens. Die Atlantiese Oseaan lê in die ooste. Virginië het 'n ryk geskiedenis van politieke gebeure. Verskeie van die Amerikaanse presidente is in Virginië gebore.
Gemenebes Virginië | |||||
| |||||
Bynaam(e): Old Dominion, Mother of Presidents | |||||
Amptelike taal(e) | Engels | ||||
Gesproke taal(e) | Engels 94,3%, Spaans 5,8% | ||||
Hoofstad | Richmond | ||||
Grootste stad | Virginia Beach | ||||
Area | 35ste in die V.S. | ||||
- Totaal | 110 785 km2 | ||||
- Wydte | 320 km | ||||
- Lengte | 690 km | ||||
- Water | 8 236 km2 | ||||
- % water | 7.4 % | ||||
- Breedtegraad | 36° 32′ N tot 39° 28′ N | ||||
- Lengtegraad | 75° 15′ W tot 83° 41′ W | ||||
Bevolking | 12de in die V.S. | ||||
- Totaal | 8 654 542 | ||||
- Digtheid | 79,8/km2 14de in die V.S. | ||||
Hoogte | |||||
- Hoogste punt | Mount Rogers 1 746 m | ||||
- Gemiddeld | 290 m | ||||
- Laagste punt | Atlantiese Oseaan seevlak | ||||
Toetrede tot die Unie | 25 Junie 1788 (10de) | ||||
Goewerneur | Ralph Northam (D) | ||||
Luitenant-Goewerneur | Justin Fairfax (D) | ||||
Wetgewer | Virginië Algemene Vergadering | ||||
- Hoërhuis | Senaat | ||||
- Laerhuis | Huis van Afgevaardigdes | ||||
V.S. Senatore | Mark Warner (D) Tim Kaine (D) | ||||
Tydsone | UTC -5 / Somertyd -4 | ||||
Afkortings | VA US-VA | ||||
Webblad | www.virginia.gov |
Virginië se byname is Old Dominion en Mother of Presidents.
Eksterne skakels
wysig- Toerisme
- Geskiedenis
Verenigde State van Amerika | ||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
|