Verdun
Die Franse stad Verdun is in die département Meuse in die gewes Grand Est geleë. Alhoewel hy deesdae redelik klein is, met 'n bevolking van sowat 19 000, is die stad van besonderse historiese belang. Die Verdrag van Verdun waarop die politieke verdeling van Europa vir 'n lang tyd berus het, is hier in 843 onderteken. Die verwoestende Slag van Verdun tydens die Eerste Wêreldoorlog is net buite die stad geveg.
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Frankryk |
Région (gewes) | Grand Est |
Département | Meuse |
Koördinate | 49°09′N 5°23′O / 49.150°N 5.383°O |
Stigting | |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 31,03 vk km |
Hoogte bo seevlak | 194-330 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2009) | 18 557 |
- Bevolkingsdigtheid | 598/vk km |
- Metropolitaanse gebied | 35 078 |
Tydsone | UTC +1 |
- Somertyd | UTC +2 |
Burgemeester | Arsène Lux |
Amptelike webwerf | verdun.fr |