Sucre
Sucre (Spaans: La Ilustre y Heróica Sucre) is die hoofstad en vyfde grootste stad van Bolivië, terwyl die setel van die regering in La Paz geleë is. Die stad het 'n bevolking van 300 000 in 2011 gehad en is geleë in suidelike Sentraal-Bolivia. Dit is op 29 September 1538 deur Spanjaarde onder Pedro Anzurez Marques de Campo Redondo as Ciudad de la Plata de la Nueva Toledo gestig. Die historiese stadsentrum van Sucre is in 1991 deur Unesco as 'n wêrelderfenisgebied gelys.
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Bolivië |
Provinsie | Chuquisaca |
Koördinate | 19°03′S 65°15′W / 19.050°S 65.250°W |
Gestig op | 29 September 1538 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 11 800 vk km |
Hoogte bo seevlak | 2 904 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2011) | 300 000 |
- Bevolkingsdigtheid | 25,42/vk km |
- Metropolitaanse gebied | |
Tydsone | UTC -04:00 |
Burgemeester | Moises Torres |
Amptelike webwerf | sucre.bo |
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Sucre.
- (es) Amptelike webwerf
- (en) (fr) Amptelike Unesco-bladsy