Pous Agapetus II
Agapetus II was die 129ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Pous Agapetus II | |
---|---|
Pontifikaat begin | 10 Mei 946 |
Pontifikaat eindig | 8 November 955 |
Voorganger | Marinus II |
Opvolger | Johannes XII |
Gebore | Rome, Italië |
Sterf | 8 November 955 Rome, Italië |
Ander pouse genaamd Agapetus |
Biografie
wysigPous Agapetus II is gebore in Rome, Italië. Op 10 Mei 946 volg hy Pous Marinus II op en regeer tot sy dood op 8 November 955. Hy word opgevolg deur Pous Johannes XII. Die naam ‘Agapetus’ beteken 'geliefde'.
Pontifikaat
wysigPous Agapetus II het probeer om die pousdom te hervorm[1] en het die Duitse koning (later keiser) Otto I gesteun in sy pogings om die noorde van Europa te kersten. Die mag in Rome is egter deur Alberic II gehou. Die pous het toegelaat dat Alberic sy buite-egtelike seun Octavianus as Agapetus se opvolger aandui onder die naam Johannes XII.
Agapetus II het in 949 die dispuut tussen Artaud and Hugo oor die bisdom van Reims finaal beëindig deur in die guns van Artaud te besluit. Die besluit bekragtig die besluit van die sinode van Ingelheim in 948.
Bibliografie
wysig- Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0-300-09165-6
- Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0-500-01798-0.
Verwysings
wysig- ↑ "Roman Catholicism." Encyclopædia Britannica. 2008. Encyclopædia Britannica Online. 24 Mei 2008 <http://www.britannica.com/eb/article-257675[dooie skakel]>.
Eksterne skakels
wysig- CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia (Engels)
- CF Inskrywing in die Catholic Forum (Engels)
- BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
- PTA Inskrywing in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)
Nota
wysigSaamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
Opvolging
wysigVoorafgegaan deur Marinus II |
Pous (Pontifex Maximus) 946 – 955 |
Opgevolg deur Johannes XII |