Krieketwêreldbeker 1992
Die Krieketwêreldbeker 1992 (Engels: 1992 Cricket World Cup) is van 22 Februarie tot 25 Maart 1992 in Australië en Nieu-Seeland beslis. Dit was die vyfde krieketwêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse krieketwêreldkampioenskap in internasionale eendagkrieket (EDI) wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied word en die eerste in die Suidelike Halfrond. Anders as die gewone interval van vier jaar is dit by uitsteek vyf jaar ná die vorige Krieketwêreldbeker 1987 aangebied. Die Krieketwêreldbeker 1992 is deur die sigarethandelsmerk Benson & Hedges geborg en staan dus amptelik bekend as die Benson & Hedges Wêreldbeker 1992.
Kenteken van die Krieketwêreldbeker 1992 | |
Datums | 22 Februarie – 25 Maart |
---|---|
Bestuurder | Internasionale Krieketraad (IKR) |
Krieketformaat | Internasionale eendagkrieket (EDI) |
Toernooiformaat | Groep- en uitklopfase |
Gashere | Australië Nieu-Seeland |
Kampioen | Pakistan (1ste titel) |
Naaswenner | Engeland |
Deelnemers | 9 (26 kwalifiseer) |
Wedstryde gespeel | 39 |
Speler van die reeks | Martin Crowe |
Meeste lopies | Martin Crowe (456)[1] |
Meeste paaltjies | Wasim Akram (18)[2] |
← 1987 1996 → |
Nege nasionale krieketspanne het aan die Krieketwêreldbeker 1992 deelgeneem: Die destydse agt toetskrieketlande (Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië), saam met die IKK-trofee 1990-wenner Zimbabwe. Tydens die Krieketwêreldbeker 1992 is 39 wedstryde gespeel, waaronder 36 tydens die groepfase en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Al die spanne het in een groep gespeel en elke span het een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel. Die vier beste spanne het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners het mekaar in die eindstryd ontmoet. Elke wedstryd het uit 50 boulbeurte per span bestaan. ’n Soortgelyke formaat is later in die 2019-toernooi in Engeland aangewend en sal ook by die volgende Krieketwêreldbeker 2023 in Indië gebruik word.[3]
Engeland, Nieu-Seeland, Pakistan en Suid-Afrika het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Engeland het Suid-Afrika en Pakistan het Nieu-Seeland geklop, voordat Pakistan die eindstryd op Melbourne-krieketveld in Melbourne teen Engeland met 22 lopies gewen en sodoende sy eerste titel ingepalm het. Die verdedigende kampioen en medegasheer Australië is reeds in die groepfase uitgeskakel en het daarmee die eerste gasheerland en verdedigende kampioen in die Krieketwêreldbekergeskiedenis geword wat nie tot die uitklopfase deurgedring het nie. Dit is die laaste keer tot in die 2019-toernooi wat twee spanne in die eindwedstryd ontmoet wat nog nie ’n titel ingepalm het nie. Nadat Suid-Afrika ná die einde van apartheid weer as toetsland by die Internasionale Krieketraad aangesluit het, het die Proteas vir die eerste keer aan ’n krieketwêreldbeker deelgeneem. Zimbabwe het vir ’n derde keer aan ’n krieketwêreldbekertoernooi deelgeneem, terwyl al die ander spanne vir ’n vyfde keer verskyn het.
Die Krieketwêreldbeker 1992 was die eerste waartydens gekleurde spelertruie, wit krieketballe, sigskerms en spreiligte gebruik is. Die ingevoerde reënreël, wat die ou stelsel se probleme met reën sou oplos, is ná die toernooi as onsuksesvol beskou. Die hoofrede hiervoor was die halfeindstryd tussen Engeland en Suid-Afrika.[4]
Toewysing
wysigDie Krieketwêreldbeker 1992 is toegewys aan Australië en Nieu-Seeland, nadat die IKR die vorige Krieketwêreldbeker 1987 ondanks Engelse weerstand aan Indië en Pakistan toegeken en ná onderhandelinge ’n rotasiestelsel goedgekeur het.[5]
Deelnemers
wysigDie volgende nege spanne het vir die Krieketwêreldbeker 1992 gekwalifiseer: Australië (medegasheer), Engeland, Indië, Nieu-Seeland (medegasheer), Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië het as volle lede van die Internasionale Krieketraad met toetskrieketstatus regstreeks vir die Krieketwêreldbeker 1992 gekwalifiseer. Zimbabwe was die enigste span sonder toetsstatus en het gekwalifiseer deur die IKR-trofee 1990 teen Nederland te wen. Zimbabwe het ná dié toernooi ’n volle lid geword en hul eerste toetswedstryd later in 1992 gespeel. Vir die eerste keer het Suid-Afrika as die agtste volle lid van die IKR aan dié toernooi deelgeneem en hulle het hul eerste toetswedstryd ná 22 jaar teen Wes-Indië een maand ná die Krieketwêreldbeker 1992 gespeel.
Span | Kwalifiseringmetode | Verskynings by eindstryde | Laaste verskyning | Vorige beste prestasie |
---|---|---|---|---|
Australië | Gashere | Vyfde | 1987 | Kampioen (1987) |
Nieu-Seeland | Vyfde | 1987 | Halfeindrondte (1975, 1979) | |
Engeland | Volle lede | Vyfde | 1987 | Naaswenner (1979, 1987) |
Indië | Vyfde | 1987 | Kampioen (1983) | |
Pakistan | Vyfde | 1987 | Halfeindrondte (1979, 1983, 1987) | |
Sri Lanka | Vyfde | 1987 | Groepfase (1975, 1979, 1983, 1987) | |
Suid-Afrika | Eerste | – | Debuut | |
Wes-Indië | Vyfde | 1987 | Kampioen (1975, 1979) | |
Zimbabwe | IKR-trofee 1990-wenner | Derde | 1987 | Groepfase (1983, 1987) |
Stadions
wysigAustralië het 25 wedstryde op elf verskeie plekke gehuisves, terwyl Nieu-Seeland 14 wedstryde op sewe plekke aangebied het.
Formaat
wysigDie Krieketwêreldbeker 1992 is oor 33 dae tussen nege verskillende spanne oor 39 wedstryde beslis. Dit het op 22 Februarie 1992 op Edenparkstadion in Auckland, Nieu-Seeland, met die openingswedstryd tussen die twee gashere Nieu-Seeland en Australië begin. Die toernooi het geëindig op Melbourne-krieketveld in Melbourne, Australië, op 25 Maart met die eindstryd tussen Pakistan en Engeland, waartydens Pakistan die Benson & Hedges Wêreldbeker ingepalm het.
Kalender
wysigDie volgende tabel dui die Krieketwêreldbeker 1992 se daaglikse program aan. ’n Rooi blokkie dui op die openingseremonie, ’n pers blokkie op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
Groepfase Februarie/Maart |
Sa 22 |
So 23 |
Ma 24 |
Di 25 |
Wo 26 |
Do 27 |
Vr 28 |
Sa 29 |
So 1 |
Ma 2 |
Di 3 |
Wo 4 |
Do 5 |
Vr 6 |
Sa 7 |
So 8 |
Ma 9 |
Di 10 |
Wo 11 |
Do 12 |
Vr 13 |
Sa 14 |
So 15 |
Ma 16 |
Di 17 |
Wo 18 |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Seremonies | OS | |||||||||||||||||||||||||
Groepfase | 2 | 2 | 1 | 1 | 2 | 1 | 2 | 2 | 1 | 1 | 1 | 2 | 2 | 2 | 1 | 2 | 1 | 2 | 1 | 1 | 3 | 3 | ||||
Uitklopfase Maart |
Do 19 |
Vr 20 |
Sa 21 |
So 22 |
Ma 23 |
Di 24 |
Wo 25 | |||||||||||||||||||
Uitklopfase | 1 | 1 | 1 |
Verklaring | |
Seremonies | |
Groepwedstryde | |
Uitklopfase | |
Eindstryd |
Groepfase
wysigDie Krieketwêreldbeker 1992 is deur nege nasionale krieketspanne beslis. Vir die groepfase is die nege deelnemende spanne in een enkele groep geplaas; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span agt wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die vier beste spanne het na die uitklopfase deurgedring.
Uitklopfase
wysigVan die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die vier beste spanne van die groep het na die uitklopfase deurgedring. Die eerste span het teen die vierde span en die tweede span teen die derde span in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wedstryd die volgende dag herhaal.
Skeidsregters en wedstrydbeamptes
wysig’n Paneel van elf skeidsregters en twee wedstrydbeamptes is vir die toernooi ingespan.
Skeidsregters
wysig
|
|
Wedstrydbeamptes
wysig- Peter Burge (Australië)
- Frank Cameron (Nieu-Seeland)
Wedstryde
wysigDie wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.
Groepfase
wysigKwalifiseer vir die uitklopfase. |
Uit die toernooi geskakel. |
Nege spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die vier beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Span | S | W | V | O | G | NLT | LT | P |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Nieu-Seeland | 8 | 7 | 1 | 0 | 0 | +0.59 | +4.76 | 14 |
Engeland | 8 | 5 | 2 | 1 | 0 | +0.47 | +4.36 | 11 |
Suid-Afrika | 8 | 5 | 3 | 0 | 0 | +0.14 | +4.36 | 10 |
Pakistan | 8 | 4 | 3 | 1 | 0 | +0.17 | +4.33 | 9 |
Australië | 8 | 4 | 4 | 0 | 0 | +0.20 | +4.22 | 8 |
Wes-Indië | 8 | 4 | 4 | 0 | 0 | +0.07 | +4.14 | 8 |
Indië | 8 | 2 | 5 | 1 | 0 | +0.14 | +4.95 | 5 |
Sri Lanka | 8 | 2 | 5 | 1 | 0 | −0.68 | +4.21 | 5 |
Zimbabwe | 8 | 1 | 7 | 0 | 0 | −1.14 | +4.03 | 2 |
t
|
||
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Beide Martin Crowe (NZ) en David Boon (Aus) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[6]
t
|
||
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Andy Flower, Wayne James en Kevin Duers (almal Zim) het hul EDI-debuut gemaak.
- Andy Flower (Zim) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[6]
- Dit is die destydse hoogste suksesvolle krieketwêreldbekerlopiejag en oortref Wes-Indië se 276 lopies teen Australië tydens die 1983-toernooi – later oortref deur Ierland teen Engeland tydens die 2011-toernooi.[7]
t
|
||
- Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Iqbal Sikander en Wasim Haider (albei Pak) het hul EDI-debuut gemaak.
- Rameez Raja (Pak) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[6]
- Brian Lara (WI) het met pyn by 175/0 afgetree.
t
|
||
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t
|
||
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Hansie Cronjé, Jonty Rhodes en Meyrick Pringle (almal RSA) het hul EDI-debuut gemaak.
- Ian Healy span Dean Jones (albei Aus) as ’n hardloper in nadat hy ’n dyspierbesering opgedoen het (118/5).
- David Boon (Aus) hou paaltjie dwarsdeur die Suid-Afrikaanse kolfbeurt. Mark Waugh doen veldwerk pleks van Ian Healy (albei Aus) vir die hele kolfbeurt.
- Dit is Suid-Afrika se eerste krieketwêreldbekeroorwinning.
- Dit Suid-Afrika se laaste krieketwêreldbekeroorwinning oor Australië tot in die 2019-toernooi.[8]
t
|
||
- Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Aamer Sohail (Pak) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[6]
t
|
||
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t
|
||
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Die wedstryd is aanvanklik verkort tot 20 boulbeurte per span weens reën. ’n Helikopter is gebruik om die veld te droog, maar toe die spel begin het, het reën ingesak en die wedstryd is afgelas.
- Ajay Jadeja (Ind) het sy EDI-debuut gemaak.
t
|
||
- Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Tertius Bosch (RSA) het sy EDI-debuut gemaak.
t
|
||
- Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Alistair Campbell (Zim) het sy EDI-debuut gemaak.
- Kevin Arnott (Zim) het met pyn by 43/2 afgetree.
t
|
||
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Reën onderbreek die spel na 16.2 boulbeurte tydens die Indiese kolfbeurt (45/1). Indië se teiken hersien tot 236 lopies in 47 boulbeurte.
- 13 lopies in die laaste ses aflewerings en vyf lopies in vier aflewerings was nodig om te wen.
t
|
||
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Slegs agt boulbeurte van Engeland se kolfbeurt is gespeel voordat reën ingesak het.
- Pakistan teken sy laagste telling in ’n krieketwêreldbekerwedstryd aan.[9]
- Dit is ook die destyds laagste telling deur ’n toetsland in ’n krieketwêreldbekerwedstryd en oortref Engeland se rekord teen Australië tydens die 1975-toernooi – later oortref deur Bangladesj teen Wes-Indië tydens die 2011-toernooi.[10]
t
|
||
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Beide Mark Rushmere en Omar Henry (albei RSA) het hul EDI-debuut gemaak.
t
|
||
- Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Nieu-Seeland se kolfbeurt is onderbreek by 9/1 (2.1 boulbeurte). Wedstryd verkort tot 35 boulbeurte per span. Verdere onderbreking by 52/2 (11.2 boulbeurte). Wedstryd verkort tot 24 boulbeurte per span. Kolfbeurte beëindig deur ’n derde onderbreking ná 20.5 boulbeurte. Zimbabwe het ’n teiken van 154 lopies in 18 boulbeurte aangeteken. (’n Duckworth-Lewis-Stern-berekening volgens die 2006-reëls sou ’n teiken van 150 lopies gestel het.)
- Mark Burmester (Zim) het sy EDI-debuut gemaak.
t
|
||
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Wedstryd verkort tot 49 boulbeurte per span weens ’n stadige boultempo deur Pakistan.
- Dit is die eerste krieketwêreldbekerwedstryd tussen Indië en Pakistan.
t
|
||
- Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Desmond Haynes (WI) het met pyn by 13* lopies van 50/4 tot 70/6 afgetree.
t
|
||
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Nadat reën die vroeë afsluiting van die Indiese kolfbeurt afgedwing het, is die teiken hersien tot 159 lopies in 19 boulbeurte.
- Zimbabwe is hiermee uit die toernooi geskakel.
t
|
||
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t
|
||
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Dit is Malcolm Marshall (WI) se laaste EDI-wedstryd.
t
|
||
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Toe Pakistan op 74/2 in 21.3 boulbeurte was, het reën die speel vir ’n uur onderbreek en die teiken is hersien na 194 lopies in 36 boulbeurte. (’n Duckworth-Lewis-Stern-berekening volgens die 2006-reëls sou ’n teiken van 162 lopies gestel het.)
t
|
||
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Nieu-Seeland vorder hiermee tot die uitklopfase.
t
|
||
- Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Andy Flower (Zim) het met pyn by 6* lopies van 26/1 tot 80/5 afgetree.
t
|
||
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Ajay Jadeja (Ind) het met pyn by 22/1 afgetree.
- Indië is hiermee uit die toernooi geskakel.
t
|
||
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Reën het die speel vir 43 minute onderbreek tydens Engeland se kolfbeurt toe hulle op 62/0 in 12.0 boulbeurte was. Die teiken is hersien na 226 lopies in 41 boulbeurte.
- Engeland vorder hiermee tot die uitklopfase.
- Dit is die laaste keer tot in die 2019-toernooi wat Engeland tot die uitklopfase kon vorder.[11]
t
|
||
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Phil Simmons (WI) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[6]
- Sri Lanka is hiermee uit die toernooi geskakel.
t
|
||
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Reën onderbreek die speel na Australië se 72/1 in 15 boulbeurte. Wedstryd verkort tot 46 boulbeurte per span.
t
|
||
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t
|
||
- Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Reën verkort die wedstryd tot 30 boulbeurte per span.
- Suid-Afrika vorder hiermee tot die uitklopfase.
t
|
||
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Rameez Raja (Pak) teken sy tweede krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[6]
- Pakistan vorder hiermee tot die uitklopfase.
- Australië is hiermee uit die toernooi geskakel.
t
|
||
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t
|
||
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- David Boon (Aus) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[6]
- Wes-Indië is hiermee uit die toernooi geskakel.
Uitklopfase
wysigHalfeindrondte | Eindrondte | |||||
21 Maart – Auckland | ||||||
Nieu-Seeland | 262/7 | |||||
Pakistan | 264/6 | 25 Maart – Melbourne | ||||
Pakistan | 249/6 | |||||
22 Maart – Sydney | Engeland | 227 | ||||
Engeland | 252/6 | |||||
Suid-Afrika | 232/6 |
Halfeindrondte
wysigt
|
||
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Mark Greatbatch (NZ) is as ’n hardloper ingespan vir Martin Crowe (albei NZ) vanaf die kantel van die vierde paaltjie (en hy is uitgehardloop toe hy probeer het om ’n tweede lopie vir Crowe aan te teken.)
t
|
||
- Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Reën onderbreek die spel voor die laaste bal in die 43ste boulbeurt. Suid-Afrika het toe 21 lopies uit 13 aflewerings vir ’n oorwinning benodig. Met twee verlore boulbeurte weens reën is die teiken verminder na 22 lopies met slegs een bal, dus 'n onhaalbare teiken.[12][13]
- ’n Duckworth-Lewis-Stern-berekening volgens die 2006-reëls sou vir Suid-Afrika eers ’n teiken van 273 lopies in 45 boulbeurte gestel het, en dit vervolgens tot 257 lopies uit 43 boulbeurte verminder.
Eindstryd
wysigt
|
||
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Dit is Imran Khan (Pak) se laaste EDI-wedstryd.
- Aamer Sohail is as ’n hardloper vir ’n deel van Javed Miandad (albei Pak) se kolfbeurt ingespan.
- Alec Stewart is as ’n hardloper vir Neil Fairbrother (albei Eng) ingespan nadat hy 51 lopies aangeteken en ’n kramp in sy kuitspier ondervind het.
Krieketwêreldkampioen 1992 |
---|
Pakistan |
Statistiek
wysigFinale puntestand
wysigHierdie tabel toon die finale puntestand van al nege deelnemende nasionale krieketspanne in die Krieketwêreldbeker 1992.
Rang | Span | Groep | S | W | O | V | LV | LT | LD | LT | P |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Finaliste | |||||||||||
1 | Pakistan | – | 10 | 6 | 1 | 3 | 2010 | 1912 | +98 | 13 | |
2 | Engeland | – | 10 | 6 | 1 | 3 | 1903 | 1855 | +48 | 13 | |
In die halfeindrondte uitgeskakel | |||||||||||
3 | Nieu-Seeland | – | 9 | 7 | 0 | 2 | 1877 | 1776 | +101 | 14 | |
4 | Suid-Afrika | – | 9 | 5 | 0 | 4 | 1780 | 1689 | +91 | 10 | |
In die groepfase uitgeskakel | |||||||||||
5 | Australië | – | 8 | 4 | 0 | 4 | 1680 | 1531 | +149 | +4.22 | 8 |
6 | Wes-Indië | – | 8 | 4 | 0 | 4 | 1603 | 1565 | +38 | +4.14 | 8 |
7 | Indië | – | 8 | 2 | 1 | 5 | 1488 | 1357 | +131 | +4.95 | 5 |
8 | Sri Lanka | – | 8 | 2 | 1 | 5 | 1469 | 1672 | –203 | +4.21 | 5 |
9 | Zimbabwe | – | 8 | 1 | 0 | 7 | 1345 | 1750 | –405 | +4.03 | 2 |
Meeste lopies en paaltjies
wysigMeeste lopies aangeteken:[1]
|
Meeste paaltjies geneem:[2]
|
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 (en) "Records / Benson & Hedges World Cup, 1991/92 / Most Runs". ESPNcricinfo. 25 Maart 1992. Besoek op 20 Oktober 2024.
- ↑ 2,0 2,1 (en) "Records / Benson & Hedges World Cup, 1991/92 / Most Wickets". ESPNcricinfo. 25 Maart 1992. Besoek op 20 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The 1992 World Cup in Australia and New Zealand – Imran's Tigers turn the corner". ESPNcricinfo. Besoek op 20 Oktober 2024.
- ↑ (en) Martin Williamson (17 Maart 2007). "Ruling an impossible target". ESPNcricinfo. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Maart 2007. Besoek op 25 Maart 2007.
- ↑ (en) Amrit Mathur (22 Desember 2014). "The World Cup leaves England". ESPNcricinfo. Besoek op 20 Oktober 2024.
- ↑ 6,0 6,1 6,2 6,3 6,4 6,5 6,6 (en) "Statistics / Statsguru / One-Day Internationals/ Batting Records". ESPNcricinfo. Besoek op 20 Oktober 2024.
- ↑ (en) "Statistics / Statsguru / One-Day Internationals / Team records". ESPNcricinfo. Besoek op 20 Oktober 2024.
- ↑ (en) "Australia lose thriller; face England in the semis". Cricbuzz. 6 Julie 2019. Besoek op 20 Oktober 2024.
- ↑ (en) Bharath Seervi (31 Mei 2019). "Pakistan crash to their biggest World Cup defeat". ESPNcricinfo. Besoek op 20 Oktober 2024.
- ↑ (en) "Lowest totals For World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 20 Oktober 2024.
- ↑ (en) Stephan Shemilt (3 Julie 2019). "England v New Zealand: Hosts reach World Cup semi-finals". BBC. Besoek op 20 Oktober 2024.
- ↑ (en) "Stump the Bearded Wonder No 143". BBC. 28 Maart 2007. Besoek op 20 Oktober 2024.
- ↑ (en) Allan Lamb (21 Maart 2009). "22 March 1992: Rain saves England in World Cup semi-final". The Guardian. Besoek op 20 Oktober 2024.
Verdere leesstof
wysig- (en) Peter Murray (2019). World Cup Cricket – A Complete History. G2 Entertainment. ISBN 978-1-78281-491-7.
- (en) Andrew Roberts (2019). A History & Guide to the Cricket World Cup. Pen & Sword Books Limited. ISBN 978-1-5267-5361-8.
- (en) Phil Walker; Reynolds Harman (2019). The Official History of the ICC Cricket World Cup. Jellyfish Publishing Solutions. ISBN 978-1-909811-47-8.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link) - (en) Mark Browning; James Grapsas (2014). A Complete History of World Cup Cricket. New Holland Publishers.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link) - (en) James Alter (2011). The History of World Cup Cricket. Roli Books. ISBN 978-8174368416.
- (en) Mark Browning (1999). A complete history of World Cup Cricket 1975–1999. Simon & Schuster. ISBN 0-7318-0833-9.
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Krieketwêreldbeker 1992. |
- (en) 1992 World Cup in Australia and New Zealand
- (en) Benson & Hedges World Cup, 1991/92
- (en) The 1992 World Cup
- (en) Benson & Hedges World Cup 1991/92 – Fixtures and Results
- (en) Benson & Hedges World Cup Cricket op IMDb