Kaap Verde
Kaap Verde (Portugees: Cabo Verde, [ˈkabu ˈveɾdɨ]), amptelik die Republiek Kaap Verde (República de Cabo Verde), is 'n eilandstaat en republiek geleë op 'n argipel in die Makaronesiese ekogebied van die Noord-Atlantiese Oseaan, langs die westelike kus van Afrika. Die voorheen onbewoonde eiland is in die 15de eeu deur die Portugese ontdek en gekolonialiseer; dit word vervolgens 'n handelsentrum vir slawe uit Afrika. Meeste Kaap Verdiërs stam van beide groepe af.
| |||||
Nasionale leuse: Unidade, Trabalho, Progresso (Portugees vir: "Eenheid, Arbeid, Vooruitgang") | |||||
Volkslied: Cântico da Liberdade (Portugees vir: "Lied van Vryheid") | |||||
Hoofstad | Praia | ||||
Grootste stad | Praia | ||||
Amptelike tale | Portugees | ||||
Regering | Unitêre semi-presidensiële grondwetlike republiek[1] José Maria Neves Ulisses Correia e Silva | ||||
Onafhanklikheid • van Portugal
|
5 Julie 1975 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
4 033 km2 (166ste) 1 557 myl2 feitlik niks | ||||
Bevolking - 2015-skatting - 2021-sensus - Digtheid |
525 000 (172ste) 483 628 123,7 / km2 (89ste) 320,4 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2021-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2021-skatting | ||||
MOI (2019) | 0,665[3] (126ste) – medium | ||||
Gini (2015) | 42,4[4] – hoog | ||||
Geldeenheid | Escudo (CVE )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
KVT (UTC-1) nie toegepas nie (UTC-1) | ||||
Internet-TLD | .cv | ||||
Skakelkode | +238 |
Kaap Verde is genoem na Cap-Vert, nou in Senegal, die mees westelike punt van Afrika. Saam met die Asore, die Kanariese Eilande en die Madeiraeilande vorm Kaap Verde 'n eie biogeografiese streek, Makaronesië, wat – ten spyte van die lang afstande – ooreenkomste tussen die eilande se fauna en flora toon.
Geskiedenis
wysigKaap Verde was onbewoon toe die Portugese in 1456 arriveer, en die eilande was dus deel van die Portugese Ryk. As gevolg van die land se ligging langs die kus van Afrika het Kaap Verde 'n belangrike hawe geword en was dit 'n belangrike sentrum vir slawehandel.
In 1975 verkry die eilande onafhanklikheid, deels as gevolg van die werk van die Afrika Party vir die Onafhanklikheid van Guinee-Bissau en Kaap Verde (PAIGC). Na onafhanklikheid poog PAIGC om Kaap Verde en Guinee-Bissau in een land te verenig met die PAIGC wat albei lande beheer, maar 'n staatsgreep in laasgenoemde in 1980 beëindig die planne. In Kaap Verde self regeer PAICV (geaffilieer aan die PAIGC) tot verkiesings in 1991, wat tot 'n verandering in regering gelei het, gehou is. Die PAICV is herverkies in 2001.
Politiek
wysigDie regering van Kaap Verde is gegrond op 'n grondwet wat in 1980 daargestel is. Verkiesings word vir beide die eerste minister en president gehou. Beide regeer vir 5-jaar termyne. Lede van die Algemene Vergadering word ook verkies en hulle word saam met die president en eerste minister deur die Hooggeregshof aangestel.
Geografie
wysigKaap Verde is 'n argipel langs die kus van Afrika. Dit word gevorm deur 10 hoof eilande en omtrent 8 ander klein eilandjies. Die hoofeilande is:
- Barlavento's (noordelike eilandgroep)
- Sotaventos (suidelike eilandgroep)
Van hierdie is slegs Santa Luzia onbewoon en is tans 'n natuurreservaat. Al die eilande is vulkanies, maar 'n aktiewe vulkaan bestaan slegs op een van die eilande – Fogo.
Munisipaliteite
wysigKaap Verde word verdeel in 22 munisipaliteite:
- Santo Antão eiland:
- São Vicente eiland:
- Santa Luzia eiland
- São Nicolau eiland:
- Sal eiland:
- Boa Vista eiland:
- Maio eiland:
- Santiago eiland:
- Fogo eiland:
- Brava eiland:
Ekonomie
wysigKaap Verde is 'n klein nasie wat weinige hulpbronne het en erge droogtes met gepaardgaande waterskaarstes ondervind. Landbou word tot 'n groot mate beperk deur die gebrek aan reën, en is vir die grootste deel van die jaar beperk tot slegs vier eilande. Meeste van die nasie se BBP is uit die dienstesektor afkomstig. Kaap Verde se ekonomie het meestal gegroei sedert die laat 1990's, en word nou beskou as 'n land met gemiddelde menslike ontwikkeling. Kaap Verde het noemenswaardige samewerking met Portugal op elke vlak van die ekonomie wat daartoe gelei het dat die land sy geldeenheid eers aan die Portugese escudo en sedert 1999 aan die Euro gekoppel het.
Voormalige Portugese eerste minister José Manuel Durão Barroso, president van die Europese Kommissie in die tweede helfte van 2004, het belowe om Kaap Verde binne die Europese Unie se invloedsfeer te integreer deur groter samewerking met Portugal. In Maart 2005 het voormalige Portugese president Mário Soares 'n versoek van stapel gestuur wat die Europese Unie vra dat lidmaatskap samesprekings met Kaap Verde te begin.
Demografie
wysigMeeste inwoners van Kaap Verde is afstammelinge van die wit Portugese setlaars en swart slawe uit Afrika. Meer Kaap Verdiërs leef in die buiteland as in Kaap Verde, met noemenswaardige Kaap Verdiese immigrantegemeenskappe in die Verenigde State (264 900 Kaap Verdiërs), Portugal (80 000) en Angola (45 000). Daar is ook 'n beduidende aantal Kaap Verdiërs in São Tomé en Príncipe, Senegal, Frankryk, Brasilië en Nederland.
Kultuur
wysigDie kultuur van Kaap Verde weerspieël die land se gemengde Portugese en Afrika wortels. Die land is bekend vir sy diverse musiekvorms soos Morna (die Kaap Verdiese Fado) en die stedelike Kaap Verdiese kizomba, en 'n wye verskeidenheid danse: die sagte dans Morna, die Funana – 'n sensuele mengsel van Portugese en Afrika danse, die uiterste sensualiteit van coladeira (letterlik "gegom"), en die Afrika Batuquedans. 'n Wêreldbekende sanger van Morna was Cesária Évora. Die musiek van Kaap Verde weerspieël die diverse oorsprong van die eilande se inwoners. Inheems word die term "Cabo" gebruik om na die inwoners sowel as die kultuur van die Kaap Verde te verwys.
Kaap Verdiese letterkunde
wysigKaap Verdiese letterkunde is een van die rykste van Portugeessprekende Afrika.
- Digters: Frusoni Sergio, Tavares Eugénio, B.Léza, João Cleofas Martins, Luís Romano de Madeira Melo, Ovídio Martins, Barbosa Jorge, Fortes Corsino António, Baltasar Lopes (Osvaldo Alcântara), João Vário, Oswaldo Osório, Arménio Vieira, Vadinho Velhinho, José Luís Tavares, ens.
- Skrywers: Manuel Lopes – Movimento Claridade, Almeida Germano, Luís Romano de Madeira Melo, Germano de Almeida, Orlanda Amarilis, Jorge Vera Cruz Barbosa, Pedro Cardoso, Mário José Domingues, Daniel Filipe, Mário Alberto Fonseca de Almeida, Corsino António Fortes, Arnaldo Carlos de Vasconcelos França, António Aurélio Gonçalves, Aguinaldo Brito Fonseca, Ovídio de Sousa Martins , Osvaldo Osório, Dulce Almada Duarte, Manuel Veiga
- Komponiste: Manuel de Novas, Vasco Martins
- Gedigte in Portugees: Capeverdean Poems, Poesia
- Capeverdean Literature
- Bekende verhale: Ti Lobo and Chibinho
Taal
wysigKaap Verde se amptelike taal is Portugees, maar Portugese Kreools (Crioulo, Criol, Krioulo, Caboverdiano), wat heelwat wissel van eiland tot eiland, word algemeen gebruik. Elk van die 9 bewoonde eilande van Kaap Verde het sy eie Kreools. 'n Mens kan tussen twee hoofgroepe onderskei:
- Sotavento Kreole: Kreools van Santiago (Badiu), Maio, Fogo en Brava.
- Barlavento Kreole: Kreools van São Vicente (Criol d'Soncente, Criol d' Saocente), São Nicolau, Sal, Boavista en Santo Antão
Die grootste verskil tussen die verskillende Kaap Verdiese Kreoolstale is tussen die Kreools van Santiago en die Kreools van Santo Antão.
Daar is geen volledige vertaling van die Bybel nie. Sérgio Frusoni het egter Bartolomeo Rossetti se weergawe van die Nuwe Testament van die Romeinse dialek (ER VANGELO SECONNO NOANTRI) na die Kaap Verdiese Kreools van São Vicente vertaal onder die titel: Vangêle contód d 'nôs móda.
Kaap Verdiese Kreoolstale is deur die volgende digters en outeurs bevorder:
- Crioulo van Brava: Eugénio Tavares, Deirdre Meintel
- Crioulo van Santiago: António de Paula Brito, Carlos Barbosa, Tomé Varela da Silva, Daniel Spínola
- Crioulo van São Nicolau: Eduardo Augusto Cardoso, Baltasar Lopes da Silva
- Crioulo van Santo Antão: Luís Romano de Madeira Melo
- Crioulo van São Vicente: Sérgio Frusoni, Ovídio Martins
- Sotavento Creoles: Armando Napoleão Rodrigues Fernandes, Manuel Veiga, Marlyse Baptista, Nicolas Quint
- Barlavento Creoles: Armando Napoleão Rodrigues Fernandes, Maria Dulce de Oliveira Almada
Kaap Verdiese Kreools (Crioulo) skakels
wysigKoerante
wysigKoerante:
- A Semana (Praia, 1991-)
- Expresso das Ilhas
- Jornal O Cidadao (São Vicente)
- Jornal Horizonte (Praia, 1988-)
- Terra Nova (S.Vicente, 1975-)
- Artiletra (S.Vicente, 1991-)
Koerante in die Internet:
Verwysings
wysig- ↑ (en) Neto, Octávio Amorim; Lobo, Marina Costa (2010). "Between Constitutional Diffusion and Local Politics: Semi-Presidentialism in Portuguese-Speaking Countries". Social Science Research Network. Besoek op 20 November 2021.
{{cite journal}}
: Cite journal requires|journal=
(hulp) - ↑ 2,0 2,1 2,2 2,3 (en) "Cabo Verde". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2021. Besoek op 20 November 2021.
- ↑ (en) "Human Development Report 2020" (PDF). United Nations Development Programme. 2020. Besoek op 20 November 2021.
- ↑ (en) "Gini Index". Wêreldbank. Besoek op 20 November 2021.
Bronnelys
wysig- Algemeen
- (en) "Cabo Verde". Encyclopædia Britannica. Besoek op 20 November 2021.
- (en) "Cabo Verde". Central Intelligence Agency. Besoek op 20 November 2021.
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Kaap Verde. |
Geskiedenis
wysigRegering
wysig- (pt) República de Cabo Verde – Amptelike regeringswebwerf
- (pt) Assembleia Nacional de Cabo Verde – Amptelike parlementêre webwerf
Nuus
wysig- (en) allAfrica.com – Cape Verde – Nuushooftrekkeskakels
Oorsigte
wysigToerisme
wysig- (en) Toerisme-inligting oor Kaap Verde op Wikivoyage
- Reisinligting deur Lucete Fortes
- Kaarte en handleidings deur Lucete Fortes
- Kaap Verde foto's