Delhi
Delhi (Hindi: दिल्ली, dillī, [ˈdɪlːiː]; Punjabi: dillī, [ˈdɪlːiː]; Oerdoe: dêhlī, [ˈdeɦliː]), amptelik die Nasionale Hoofstadgebied Delhi (Rāṣṭrīya Rājadhānī Kṣētra Dillī) is 'n stad en uniegebied in Indië wat die amptelike hoofstad Nieu-Delhi insluit. Dit is met 'n bevolking van 16 787 941 in 2011 die tweede grootste stad in Indië ná Mumbai en is geleë in die noorde van die land langs die Yamunarivier. Met 'n metropolitaanse bevolking van meer as 28 miljoen is dit die naasgrootste metropolitaanse gebied wêreldwyd ná Tokio.[1]
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Indië |
Uniegebied | Nasionale Hoofstadgebied |
Koördinate | 28°37′N 77°14′O / 28.617°N 77.233°O |
Stigting | 1200 v.C. |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 1 484 vk km |
Hoogte bo seevlak | 200–250 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2011) | 16 787 941 |
- Bevolkingsdigtheid | 11 312/vk km |
- Metropolitaanse gebied | 28 514 000 |
Tydsone | UTC+05:30 (IST) |
Burgemeester | Vinai Kumar Saxena |
Amptelike webwerf | delhi.gov.in |
Sport
Delhi beskik met die Feroz Shah Kotla-stadion oor 'n toetskrieketstadion. Die Indiese nasionale krieketspan speel van sy tuiswedstryde in die stad. Delhi het onder andere wedstryde tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 1987, 1996, 2011 en 2023, asook die T20I-wêreldbeker 2016, aangebied.
Besienswaardighede
- Die Lotustempel is een van die bekendste bakens van Delhi en een van die agt vastelandse Baha’i-tempel.
Verwysings
- ↑ (en) "The World's Cities in 2018" (PDF). Verenigde Nasies. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 31 Augustus 2021. Besoek op 31 Augustus 2021.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Delhi.
- (en) Amptelike webwerf
- (en) "Delhi". Encyclopædia Britannica. Besoek op 21 Maart 2024.