Bobby van Jaarsveld

Afrikaanse sanger en akteur

Bobby van Jaarsveld (gebore 6 Maart 1987) is 'n Afrikaanse sanger en akteur. Van sy treffers sluit in: Spieëltjie en Waar is jy.

Bobby van Jaarsveld
Agtergrondinligting
GeboortenaamBobby van Jaarsveld
Gebore6 Maart 1987 (1987-03-06) (37 jaar oud)
Paarl, Suid-Afrika
Beroep(e)Musikant
Jare aktief2001 - nou
EtiketteJukebox-rekords, Blêr-musiek
Webwerfbobbyvanjaarsveld.co.za

Van Jaarsveld speel 'n hoofrol in 'n Ster-Kinekor rolprent, Liefling, wat in 2010 vrygestel is.[1]

Sy suster Karlien van Jaarsveld is ook 'n sangeres in eie reg.

Biografie

wysig

Pieter van Jaarsveld is op 6 Maart 1987 in Paarl, Suid-Afrika, gebore. Hy het die bynaam Bobby by sy pa gekry. Hy is die middelste van 3 kinders (sy susters is Karlien en Cara).

Bobby was in 7 verskillende laerskole, waarna hy sy hoërskoolloopbaan by die Hoërskool Brits begin en voltooi. Hier neem hy aan talentkompetisies deel en ontwikkel 'n liefde vir die musiekbedryf. Hy slaan sy eerste CD-kontrak in Graad 11 los, en sy eerste soloalbum word vroeg in sy matriekjaar uitgereik.

Hy is op 7 Januarie 2011 met sy skoolliefde, Annatjie Rheeders, in die eg verbind. Hulle het twee seuns, Sion (gebore 24 Oktober 2011) en Leben (gebore 20 Desember 2012) en 'n dogter, Armani (gebore 7 Maart 2016).

Pryse

wysig

Bobby het tot op hede 'n reeks pryse ontvang vir sy bydrae tot Afrikaanse musiek.[2]

Jaar Beskrywing Prys
2006 Huisgenoot Tempo Toekennings Beste Nuweling
2010 KykNet DKNT Gunsteling Kunstenaar vir 2009
2010 SAMA Toekennings Beste Afrikaanse Kontemporêre Album: Net Vir Jou
2010 Huisgenoot Tempo Toekennings Beste Afrikaanse Liedjie: Spieëltjie
2010 Huisgenoot Tempo Toekennings Beste Afrikaanse Kontemporêre Album: Net Vir Jou
2010 Vonk Toekennings Beste Manlike Kunstenaar
2010 Vonk Toekennings Beste Afrikaanse Kontemporêre Album: Net vir jou
2010 Vonk Toekennings Beste Oorspronklike Liedjieskrywer
2010 Vonk Toekennings Beste Afrikaanse Liedjie: Spieëltjie
2011 MK Toekennings Beste Solo Album: Net Vir Jou
2011 MK Toekennings Beste Kontemporêre Liedjie: Spieëltjie
2011 Huisgenoot Tempo Toekennings Mees Gewilde Manlike Kunstenaar
2011 Jacaranda 94.2 Toekennings Mees Gewilde Manlike Kunstenaar
2012 Ghoema-toekennings Liedjie van die Jaar: Kan Ek Met Jou Praat
2012 90.6 FM Stereo Toekennings Top 15 Kunstenaar
2012 Huisgenoot Tempo Toekennings Mees Gewilde Manlike Kunstenaar
2013 Ghoema-toekennings Beste Musiekvideo: 'n Vrou Wil Dit Hoor
2013 Ghoema-toekennings Beste Manlike Kontemporêre Album: Wat Geld Nie Kan Koop Nie
2013 Ghoema-toekennings Manlike Kunstenaar van die Jaar
2013 Ghoema-toekennings Liedjie van die Jaar: 'n Vrou Wil Dit Hoor
2013 Huisgenoot Tempo Toekennings Album van die Jaar - Wat Geld Nie Kan Koop Nie
2013 Huisgenoot Tempo Toekennings Musiekvideo van die Jaar - 'n Vrou Wil Dit Hoor
2013 Huisgenoot Tempo Toekennings Liedjie van die Jaar - 'n Vrou Wil Dit Hoor
2014 Ghoema-toekennings Beste Musiekvideo - EENS IN ‘N LEEFTYD met Riana Nel
2014 Huisgenoot Tempo Toekennings Liedjie van die Jaar
2015 Ghoema-toekennings Beste Pop-Album deur 'n Manlike Kunstenaar - Maak 'n Wens Geargiveer 28 Maart 2016 op Wayback Machine
2015 Ghoema-toekennings Manlike Kunstenaar van die Jaar Geargiveer 28 Maart 2016 op Wayback Machine
2015 Ghoema-toekennings Album van die Jaar - Maak 'n Wens Geargiveer 28 Maart 2016 op Wayback Machine

Diskografie

wysig
  • Duisend ure, 2007
  • Net vir jou, 2009
  • Wat geld nie kan koop nie, 2009
  • Liefling-klankbaan, 2010
  • Genees hierdie land, saam met Tania Strauss, 2010
  • Maak 'n wens, 2014
  • Die eerste 10 jaar, 2015
  • Ken jy Talina?
  • Vat my saam

Filmografie

wysig

Televisie

  • Die Vlieënde Springbokkie,2020

Verwysings

wysig

Sien ook

wysig

Eksterne skakels

wysig