4 November
datum
<< | November 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
Al die dae |
4 November is die 308ste dag van die jaar (309de in skrikkeljare) in die Gregoriaanse kalender, met 57 dae oor.
Gebeure
wysig- 1184 – Pous Lucius III publiseer die bul "Ad abolendam" wat die grondslag vir die Inkwisisie lê.
- 1576 – Tagtigjarige oorlog: Spanje verower die stad Antwerpen in België. (die stad is byna in drie dae vernietig).
- 1741 – Pous Benedictus XIV publiseer "Benedictina" oor die geldigheid van gemengde huwelike.
- 1795 – Die Colonie van Swellendam aanvaar Britse heerskappy onmiddellik na Britse besetting van die Kaap, drie maande na die VOC-magistraat A.A. Faure uitgeskop is en onafhanklikheid verklaar is.
- 1852 – Graaf Cavour word die Eerste Minister van Piëmont-Sardinië, wat daarna sou uitbrei om die Koninkryk van Italië te word.
- 1869 – Die eerste uitgawe van die wetenskaplike joernaal Nature word gepubliseer.
- 1884 – Grover Cleveland wen die Amerikaanse presidentsverkiesing vir die eerste van sy twee termyne in die amp.
- 1889 – Die meerderheid van die Ethiopiese adelstand sweer trou aan Menelek van Shoa wat lei tot sy kroning as keiser.
- 1912 – Die NG gemeente Maitland word in Kaapstad gestig.
- 1918 – Die Duitse Rewolusie begin toe veertig-duisend seemanne die hawe in Kiel oorneem.
- 1918 – Eerste Wêreldoorlog: Oostenryk-Hongarye gee oor aan Italië.
- 1921 – Die Sturmabteilung of SA word formeel deur Adolf Hitler gestig.
- 1922 – Die Britse argeoloog Howard Carter en sy werkers vind die ingang tot Koning Toetankamen se graf in die Vallei van die Konings in Egipte.
- 1924 – Nellie Tayloe Ross van Wyoming word verkies as die eerste vroulike goewerneur in die V.S.A.
- 1939 – Tweede Wêreldoorlog: President Franklin D. Roosevelt van die V.S.A. beveel die doeanediens van die V.S.A. om die wet op neutraliteit van 1939 te implementeer. Die wet het onder andere wapenverkope aan oorlogsvoerders gewettig.
- 1942 – Tweede Wêreldoorlog: Tweede Slag van El Alamein - Veldmaarskalk Erwin Rommel verontagsaam 'n direkte bevel deur Adolf Hitler en retireer met sy magte.
- 1948 – T.S. Eliot wen die Nobelprys vir literatuur.
- 1952 – Dwight Eisenhower verslaan sy teenstander van die Demokratiese Party in die presidentsverkiesing in die V.S.A.
- 1956 – Sowjettroepe val Hongarye binne om die Hongaarse Opstand wat op 23 Oktober begin het, te onderdruk met duisende sterfgevalle tot gevolg. Byna 'n kwart miljoen mense vlug uit die land.
- 1970 – Salvador Allende word ingehuldig as president van Chili.
- 1979 – Iranse gyselaarsdrama begin: Iranse radikale, meestal studente, val die ambassade van die V.S.A. in Teheran binne en neem 90 gyselaars gevange (waarvan 63 Amerikaners is). Hulle word vir 'n volle 444 dae aangehou.
- 1980 – Ronald Reagan verslaan die ampsdraer (Jimmy Carter van die Demokratiese party) in die V.S.A. se presidentsverkiesing met 'n oortuigende meerderheid.
- 1988 – Vrye Weekblad verskyn die eerste keer.
- 1993 – Jean Chrétien word Eerste Minister van Kanada.
- 1993 – Bolivië word 'n lid van die Berne Konvensie verdrag op outeursreg.
- 1995 – Die Israeliese eerste minister, Yitzhak Rabin, word dodelik gewond deur 'n regsgesinde ekstremis tydens 'n vredesbyeenkoms in Tel Aviv by Yigal Amir.
- 2001 – Orkaan Michelle tref Kuba en vernietig landerye en duisende huise.
- 2003 – Die grootste sonfakkel word aangeteken. (X28)
- 2006 – 'n Tegniese probleem by die Duitse kragverskaffer E.on lei tot 'n kettingreaksie met grootskaalse kragonderbrekings in Duitsland, Frankryk, België, Spanje en Italië.
Geboortes
wysig- 1470 – Eduard V, koning van Engeland († 1483).
- 1742 – Jakob Friedrich Ehrhart, Duitse plantkundige en direkteur van die Botaniese Tuin van Hannover († 1795).
- 1832 – Johannes Kotzé, predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Kaapstad († 1902).
- 1862 – István Thomán, Hongaarse klaviervirtuoos en musiekonderwyser.(† 1940).
- 1873 – George Edward Moore, Britse filosoof († 1958).
- 1874 – Aleksandr Vasilevich Kolchak, Russiese militêre bevelvoerder († 1920).
- 1894 – Clarence van Riet Lowe, Suid-Afrikaanse siviele ingenieur en prehistoriese argeoloog († 1956).
- 1896 – Ian Wolfe, Amerikaanse akteur († 1992).
- 1932 – Thomas Klestil, president van Oostenryk († 2004).
- 1948 – Amadou Toumani Touré, Maliese politikus († 2020).
- 1950 – Markie Post, Amerikaanse aktrise († 2021).
- 1955 – Matti Vanhanen, Eerste minister van Finland.
- 1958 – Michael du Plessis, Springbokrugbyspeler, broer van Carel du Plessis.
- 1960 – Gys de Villiers, Suid-Afrikaanse akteur.
- 1961 – Ralph Macchio, Amerikaanse rolprentakteur.
- 1969 – Matthew McConaughey, Amerikaanse akteur.
- 1972 – Wendy Hoopes, Amerikaanse aktrise en skryfster.
- 1980 – Jerry Collins, Nieu-Seelandse rugbyspeler († 2015).
Sterftes
wysig- 1847 – Felix Mendelssohn, Duitse komponis (* 1809).
- 1853 – John Montagu, Koloniale Sekretaris van die Kaap die Goeie Hoop (* 1797)
- 1924 – Gabriel Fauré, Franse komponis (* 1845).
- 1927 – Valli Valli, Engelse aktrise († 1882).
- 1950 – Ferdinand Postma, eerste rektor van die PU vir CHO (* 1879).
- 1983 – H.B. Thom, Afrikaanse akademikus (* 1905).
- 1995 – Gilles Deleuze, Franse filosoof (* 1925).
- 1995 – Yitzhak Rabin, Eerste minister van Israel (* 1922).
- 2003 – Ken Gampu, Suid-Afrikaanse rolprentakteur (* 1929).
- 2016 – Dot Serfontein, Suid-Afrikaanse skrywer (* 1925).
Vakansiedae, herdenkings
wysig- Italië – viering van die oorwinning in die Eerste Wêreldoorlog, die dag van die Weermag.
- Bahá'í Geloof – Fees van Qudrat (Krag) - Eerste dag van die 13de maand van die Bahá'í Kalender
Wikimedia Commons bevat media in verband met 4 November. |